Wolwe vriende deur Anja Pansegrouw

in #afrikaans8 years ago (edited)

Aurora is die beste skrywer in Parys en het baie hard gewerk om daar uit te kom. Maar haar grootste geleentheid het gekom in n groot rooi koevert. Toe sy die brief klaar gelees het, het sy opgespring en gegil “Alaska hier kom ek”. Sy het dadelik kamer toe gestorm om te pak.

Dit was laatmiddag toe sy uiteindelik by die hotel in Alaska inboek het. Sy het haar tasse uitgepak en aandete ge-eet. Daarna het sy in die bed geklim en ‘n boek oor wolve begin lees.

Die volgende oggend het sy besluit om te gaan stap. Sy het wolfspore gevind en begin dit volg. Die spore lei haar na n gevriesde meer. Aurora raak opgewonde en konsentreer nie waar sy loop nie. Die volgende oomblik is sy in die yskoue water. Haar bene pyn van die koue en sy kan nie meer haar tone voel nie. Skielik is daar n pak wolve rondom haar. Die wolve kyk na mekaar, sy kan nie uitmaak wat hulle dink nie. Van skok en koue verloor sy haar bewyssin. Sy word wakker omring van wolve en het agter gekom dat sy in hulle den is.

Die wolve lei haar terug na die buite wyke van die dorp. Toe sy omdraai om die wolve te groet is hulle weg. Sy het terug gestap hotel toe om haar storie te skryf.

Aurora se boek ‘My wolwe vriende’ het wereld bekend geword en tot vandag toe wonder sy wat het geword van haar wolve vriende.