Al was jy ...

in #poetry8 years ago

Al was jy n boemelaar
Sal ek by jou staan
Dis maar klaar

Al was jy n skaapwagter
Kyk net om
Ek is daar agter

Al was jy n straatveer
Ek sal daar wees
Niks sal my keer

Al was jy n busdrywer
Trotser op jou sal jy nie kry
As hierdie eenvoudige skrywer

Al het jy net huise gebou
Sal ek nog steeds saam
Die son se wentels wou aanskou

Nou is jy n boer in murg en been
En ek weet daar is
Baie wat jou bejeen

Daarom my lief sover ek kan
Wil ek jou help
Saam kragte inspan

Om ons droom te bewaar
Ek weet ons kan want
Ons Vader is ook daar.

Sort:  

Congratulations @tongalora! You received a personal award!

Happy Birthday! - You are on the Steem blockchain for 2 years!

Click here to view your Board

Do not miss the last post from @steemitboard:

Valentine challenge - Love is in the air!

Support SteemitBoard's project! Vote for its witness and get one more award!

Congratulations @tongalora! You received a personal award!

Happy Birthday! - You are on the Steem blockchain for 3 years!

You can view your badges on your Steem Board and compare to others on the Steem Ranking

Vote for @Steemitboard as a witness to get one more award and increased upvotes!