Watter gras? Ek moet gaan kyk op die post. Dis seker steek gras en so bietjie lusern. Maar dis ook droog hier. Gewoonlik het ons baie kos. Maar ons moes die meeste van ons diere verkoop (My 60 Saanen melk bokke - maar ek het nog my 6 en nou 'n paar bok babas)
You are viewing a single comment's thread from:
Jis, ek is jammer om dit te hoor, ek het nou seker al 60 spekboome aangeplant vir voer, lusina boome ook, ons kap boome uit vir voer op die stadium by ander boere ook, ek is al gatvol gewerk om hulle aan die lewe te hou maar ek kan nie bekostig om hulle nou dadelik te verkoop nie. Spekboom is wonderlik as jy kan kry, dit help ook met melk produksie en is baie hoog in nutriente waarde, gesond vir mense ook en wonderlik in n slaai, jy moet kyk of jy kan kry en kan aanplant - anders pos ek vir jou stiggies! (dit is ook hitte en vuur bestand) ek dink dis al hoe my bokke dusver nog oorleef LOL